English | Hoe werk dit  | Vrae | Kontak Ons  | Kry 'n Faksnommer | Teken in op jou profiel

V. Is die ontvang van fakse regtig GRATIS ? Gaan dit 'n GRATIS diens bly ?
A.
Indien u 'n FAXMANAGER Faks-na-Epos nommer kies (0866xxxxxx) betaal u geen sent nie. GEEN OPSTELKOSTE, GEEN MAANDELIKSE SUBSKRIPSIE - ABSOLUUT NIKS. Hierdie diens sal GRATIS bly en daar is geen limiet op die hoeveelheid fakse of die lengte van die fakse wat u kan ontvang nie.

V. Indien Faks-na-Epos 'n GRATIS DIENS is, hoe is dit moontlik dat hierdie 'n volhoubare diens kan bly ?
A.
Soos met enige telefoonoproep, betaal die persoon wat die faks stuur die koste om die oproep te maak, en nie die ontvanger nie. Hierdie kostes reflekteer dus op die oproepmaker se telefoonrekening, en die persoon wat die fakse ontvang gaan gevolglik geen uitgawes aan nie en word ook geensins gefaktureer vir die ontvang van die fakse nie.

Ons as diensverskaffer verdien 'n inkomste deur middel van 'n rebatstelsel van Telkom vir oproepe gemaak na sekere vooraf-toegekende Faks-na-Epos nommers. Hierdie inkomste is voldoende ten einde die ontvangs van dokumente deur middel van hierdie stelsel te onderhou teen geen koste vir die eindgebruiker nie.

Tog is die diens professioneel en ingestel op korporatiewe dienslewering. Dit is ook belangrik om daarop te let dat hierdie Faks-na-Epos nommers inderdaad Nasionale Nommers is, en geensins geografies of Area Kode gebonde is nie.

V. Is die stuur van fakse via epos ook gratis ?
A.
Epos-na-Faks is wel beskikbaar, maar is NIE 'n GRATIS DIENS NIE. Ten einde hierdie diens te kan gebruik, sal u krediete moet aankoop.

V. Hoe lank neem dit om 'n nommer te kry ?
A.
Daar is geen vertraging nie. Faks-na-Epos kan binne 1 minuut opgestel en ge-implimenteer word deur die gebruiker self. Sodra u klaar opgeteken het, word u nommer toegeken en geaktiveer. U is dan gereed om fakse te ontvang. Kliek bloot HIER om u nommer te kry.

V. Ek sou graag my faksnommer wil behou, maar my Epos adres het verander. Moet ek nou 'n nuwe nommer kry ?
A.
U hoef glad nie 'n nuwe nommer te kry nie. Kontak ons gerus en ons verander bloot die epos adres wat tans gekoppel is aan u Faks-na-Epos nommer op ons stelsel. U sal dan u fakse in u nuwe epos adres ontvang.


V. Kan my faksnommer fakse vanaf enige plek in die wêreld ontvang ?

A.
Nee, nie op 086xxxxxxx nommers nie BEHALWE as u die FAX+ diens geaktiveer het. FAX+ is ’n opsionele maandelikse subskripsie diens wat dit moontlik maak vir u om internasionale fakse te ontvang op 'n 086xxxxxxx nommer. Sonder FAX+ kan slegs oproepe en dus fakse van Suid Afrikaanse telekommunikasienetwerke ontvang word.

V. Indien ek 'n 086xxxxxxx faksnommer aktiveer en ek gebruik dit nie, gaan die nommer aktief en toeganklik bly ?
A.
Nee. Ons behou die reg om 'n nommer terug te neem indien dit onaktief is en dus geen fakse ontvang het vir 'n tydperk van 60 dae nie. U sal egter 'n waarskuwing ontvang per epos voordat die nommer herwin en teruggeneem word. Gebruiksreg van die nommer sal egter u s'n bly solank daar ten minste een faks per 60 dae siklus ontvang word.

V. Moet ek enige hardeware aankoop of spesiale sagteware installeer ten einde hierdie diens te kan gebruik ?

A.
Nee. Ons Faks-na-Epos diens is 'n elektroniese internet-gebaseerde diens en vereis geen nuwe rekenaar hardeware, sagteware of kapitale belegging vir die aankoop van toerusting nie. U benodig wel 'n aktiewe epos adres en natuurlik toegang tot daardie epos adres.
 
Die faks word aan u gestuur in 'n TIF of PDF formaat aangeheg in 'n epos. Meeste rekenaars se bedryfstelsels het 'n standaard applikasie alreeds geinstalleer waarmee die aanhangsel besigtig kan word. Indien dit egter nie voldoende is nie, kliek asseblief op een van die volgende skakels ten einde 'n toepaslike applikasie af te laai: 
GRATIS TIF BESIGTIGER of GRATIS PDF BESIGTIGER.

V. Wanneer ek my Faks-na-Epos nommer skakel, kry ek 'n boodskap wat sê die nommer bestaan nie. Wat is die probleem ?
A.
Hierdie nommers kan slegs vanaf 'n Telkom lyn geskakel word. Indien u sou probeer om die nommer vanaf 'n selfoon te skakel, gaan daardie betrokke selfoonnetwerk hierdie boodskap of alternatief 'n besettoon gee. Sommige ondernemings se PABX stelsels word ook geprogrammeer om toegang na hierdie nommers te blokkeer, in dieselfde opsig as wat oproepe na selfoonnetwerke geblokkeer word.